top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verdagtes met gesteelde beeste is vasgetrek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Apr 2
  • 1 min read

In die Noord-Kaap is twee verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde beeste ter waarde van sowat R40 000.


Die mans is betrap toe hulle glo probeer het om die beeste by ’n voerkraal te verkoop – waar vleisbeeste gewoonlik gevoer word voordat hulle in Kuruman geslag word.


Polisie-ondersoek het later aan die lig gebring dat die beeste by ’n veepos gesteel is.


Die provinsiale polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Litabe, sê die diere is intussen aan hul regmatige eienaar terugbesorg.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page