top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verdagtes vas oor beplanning van vlaag vulstasie-rooftogte

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 11, 2024
  • 1 min read

Wetstoepingsagentskappe het 10 verdagtes in hegtenis geneem wat na bewering gewapende rooftogte by vulstasies in Warrenton in die Noord-Kaap beplan het. Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is die verdagtes tydens 'n goed gekoördineerde taktiese operasie by 'n woning in Christiana in hegtenis geneem. Die mans het glo vergader om hul misdaadplanne te bespreek. The Citizen berig die 10 verdagtes is van die Oos-Rand in Gauteng. Die groep was in besit van verskeie items wat verband hou met die beplande misdaad. Hulle staar verskeie aanklagte in die gesig, insluitend onwettige besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, besit van vermoedelike inbreekgereedskap en oortreding van die Immigrasiewet.

 
 
 

Comments


bottom of page