top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verdagtes vas wat student aan passasiersdeur sleep tydens selfoonroof in Bloemfontein

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 7, 2024
1 min read

Die twee verdagtes verskyn Vrydag, 8 November, in die hof vir die rooftog van 'n student se selfone, waartydens hy 'n ent langs die voertuig gesleep is terwyl hy verwoed aan die passasiersdeur vasgehou het. Die voorval het in John Knox-straat, Parkweg, Bloemfontein, plaasgevind. Nadat die voertuig in Kgotsong in die Bloemfontein-omgewing opgespoor is, het die Parkweg-polisie die twee verdagtes in hegtenis geneem. Intussen is die slagoffer ontslaan ná mediese behandeling. Hieronder is die veelbesproke video wat op sosiale media die rondte gedoen het. VIDEO WAARSKUWING: Taalgebruik

 
 
 

Comments


bottom of page