Verdagtes wat glo by verskeie winkels in Bloem steel is vas
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Twee verdagtes wat glo by verskeie diefstalvoorvalle in Bloemfontein verbind kan word is Maandagoggend vasgetrek.
Securiforce Rapid Response se Johan Maritz sê aan Rosestad-nuus hulle het ‘n panieksein vanaf ‘n sekuriteitswag by ‘n winkelsentrum in Langenhovenpark ontvang.
Volgens die bestuurder van ‘n apteek by dié sentrum was die twee mans besig om te steel.
Met Securiforce se Rapid Response en reaksie-eenhede se aankoms by die toneel is een van die verdagtes binne die apteek vasgetrek, terwyl die tweede in ‘n klerewinkel aangekeer is.
Die Bainsvlei-polisie is ontbied en die verdagtes se kar is gekonfiskeer.







Comments