Verdagtes wat glo Vrystaatse polisielede aanval is in hegtenis

Vier verdagtes wat glo drie polisielede in Harrismith aangeval het, is in hegtenis geneem.
Volgens die Vrystaatse polisie was die drie polisielede nie aan diens nie en was hulle vroeg Sondagoggend buite ’n taverne toe hulle glo deur ’n groep van vyf mense aangeval is.
Een van die polisielede het gesien hoe twee van sy kollegas aangeval word en het ingegryp. Hy is ook tydens die voorval aangerand en beseer.
Al drie die polisielede is vir mediese behandeling in plaaslike hospitale opgeneem.
Die vyf verdagtes het toe van die toneel gevlug. Ná ’n vinnige polisie-optrede en voorlopige ondersoek is vier van die vyf verdagtes, tussen 21 en 25 jaar oud, in hegtenis geneem. Die vyfde verdagte is steeds op vrye voet.
Die polisie ondersoek sake van poging tot moord.









Comments