top of page

Verdagtes word gesoek nadat 'n man in 'n motor dood geskiet is

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Sep 29
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat soek inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van drie verdagtes wat betrokke was by die moord op ‘n 51-jarige man.


‘n Saak van moord is Sondag by die Kopanong-polisiestasie aanhangig gemaak. Die polisie is ontbied na ‘n toneel van ‘n skietvoorval wat op straat in die Freedom Square-gebied plaasgevind het.


Volgens ‘n getuieverklaring is die oorledene geskiet terwyl hy in ‘n motor gesit het. Die oorledene was in die geselskap van drie verdagtes toe skote afgegaan het.


‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, het gesê die slagoffer se liggaam is agter die stuurwiel gevind met skietwonde aan die agterkant van sy kop.



Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page