Verdagtes word gesoek ná twee studente in Bloemfontein aangeval is

1 day ago
1 min read
Die polisie in Bloemfontein is op soek na twee verdagtes ná ’n aanval op twee studente in die Memorialweg-omgewing naby die begraafplaas.
Vrystaatse polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê in ’n mediaverklaring dat ’n saak van poging tot ’n seksuele misdryf en roof met ’n wapen reeds by die Parkweg-polisiestasie geopen is.
Die voorval het Maandag plaasgevind toe die twee slagoffers in die Uitsig-buurt gestap het en van hul persoonlike besittings beroof is. Die vroulike student is na bewering in die nabygeleë bosse ingedwing, maar sy het teruggeveg en weggehardloop om hulp te soek, waarna ’n verbyganger haar bygestaan het.
Die saak word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.








Comments