top of page

Verdagtes word gesoek vir 'n dubbele moord in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 10
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat ondersoek 'n dubbele moord nadat twee oorledenes naby die Masilo Ou Begrafplaas in Theunissen gevind is.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring met hul aankoms op die toneel het hulle 'n voertuig in die pad gekry, met 'n vrou in 'n kombers toegedraai. 'n Man het in die pad gelê.


Hulle het albei veelvuldige skietwonde gehad, en nooddienspersoneel het die slagoffers op die toneel dood verklaar. Twee sake van moord is geopen.


Die oorledenes se identiteite is nog nie bekend nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page