top of page

Verdagtes word vir ‘n plaasroof naby Clocolan gesoek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 19
  • 1 min read

Verdagtes wat ‘n Vrystaatse boer op sy plaas naby Clocolan beroof het, is nog op vrye voet.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n mediaverklaring die boer is Sondagmiddag deur drie gewapende verdagtes aangerand toe hy uit sy bakkie by die huis geklim het.


Die verdagtes het glo die boer na die plaashuis gesleep, waar hulle geld geëis het en hom gedwing het om sy kluis oop te maak.


Hulle het die boer met toue vasgemaak voordat die hulle met verskeie vuurwapens en die boer se motor gevlug het.


Die gesteelde voertuig is later verlate op die R708-pad gevind.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page