top of page

Verhoogte brandstofheffings plaas verdere las op boere

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 22
  • 1 min read

Die landbou-organisasie TLU-SA is uiters bekommerd oor die verhoging in brandstofheffings wat die minister van finansies in sy begrotingsrede aangekondig het. Netwerk24 berig die verhogings plaas verdere las op ‘n landbousektor wat reeds onder druk verkeer. Volgens TLU-SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, is brandstof ‘n kern-insetkoste en die heffing sal direkte gevolge vir voedselproduksie, vervoer en uiteindelik voedselpryse hê. Brandstofheffings is vir die eerste keer in drie jaar opgestoot om te vergoed vir die verlies aan bykomende belastinginkomste weens die skrapping van die verhoging in belasting op toegevoegde waarde.

 
 
 

Comments


bottom of page