top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verhoor van vermeende bendebase gaan voort

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 12, 2024
1 min read

Die verhoor van die vermeende bendebase, Jerome “Donkie” Booysen, André Naude en 13 ander sal Dinsdag in die Hooggeregshof in Kaapstad hervat word. SABC-nuus berig die saak is Maandag uitgestel omdat Naude siek was. Die saak verlede week ook uitgestel nadat ‘n mede-beskuldigde, Mark Lifman, by ‘n winkelsentrum in George vermoor is. Twee mans is in hegtenis geneem in verband met sy moord. Die 15 wat Dinsdag in die hof moet verskyn staan tereg op verskeie aanklagte insluitend die moord op die sogenaamde steroïede koning, Brian Wainstein. Hulle staan ook tereg op aanklagte van sameswering om moord te pleeg en geldwassery.

 
 
 

Comments


bottom of page