top of page

Verkeerde Jaco Pieterse vir verkragting op sosiale media geteiken

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 6, 2025
  • 1 min read

‘n Vrystaatse nutsman van Sasolburg vrees vir sy lewe na hy in ‘n aanlyn wraakveldtog verkeerdelik met die verkragting van ‘n sewejarige meisie in die Oos-Kaap verbind is. Netwerk24 berig Jaco Pieterse deel dieselfde naam as die skoolhoof van Bergview College, en terwyl die hoof op sosiale media onder aanvalle deurloop, het sogenaamde "speurders" op X en Facebook die verkeerde Pieterse geidentifiseer en begin aanval. Pieterse sê sy foon hou nie op lui nie en dat vele doodsdreigement op WhatsApp instroom. Volgens die nutsman is daar boonop nou ‘n stigma aan hom gekoppel en dat mense wat hom nie ken nie, hom nou nie in hul huise toelaat na hulle die boodskappe op sosiale media gelees is nie.

 
 
 

Comments


bottom of page