Verkeersbeamptes in Kroonstad glo al vir drie jaar op 'n stil-staking
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 5
- 1 min read
Aansoeke om rybewyse by die verkeersafdeling in Kroonstad word negatief geraak omdat verkeersbeamptes na bewering staak.
Dis glo al byna twee weke die geval en volgens inwoners het dit ’n negatiewe impak op toetse vir leerling- en kode 8-rybewyse, wat in die geheel gestaak is.
Volgens 'n mediaverklaring is die beamptes na bewering al byna drie jaar op ’n stil-staking. Hulle kry hul volle salarisse, maar het eers onlangs hul griewe gelug.
Netwerk24 berig hulle wou egter nie sê wat hul griewe is of hoekom hulle staak nie.
In dié tyd het intern-beamptes die werk gedoen, terwyl heeltydse beamptes bloot wag dat hul skof verbygaan.
Intussen het die interns begin weier om die toetse te doen totdat die provinsie aandag aan die kwessie gee.
Navrae is tevergeefs aan die woordvoerder van die Vrystaatse departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Hillary Mophethe, gerig.





Comments