top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verkragter in Bloemfontein tot 18 jaar gevonnis

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 27, 2025
1 min read

’n Man is in Bloemfontein tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan verkragting en huisbraak. Volgens ’n polisieverklaring het die beskuldigde op Nuwejaarsdag 2024 in Freedom Square in ’n vrou se huis ingebreek terwyl sy en haar baba geslaap het. Hy het haar in haar bed oorval en verkrag. Die slagoffer het die aanval by die polisie in Kopanong aanmeld. Die saak is aan die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe toevertrou. Met die hulp van die Nasionale Vervolgingsgesag is die beskuldigde skuldig bevind en tot direkte tronkstraf gevonnis.

 
 
 

Comments


bottom of page