top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verkragtingslagoffers se skoene is in verdagtes se besit gevind

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 7
1 min read

Selfone en skoene, wat aan twee verkragtingslagoffers behoort, is in die besit van vyf verdagtes gevind.


Nadat twee vroue en twee mans hul werk by ’n plaaslike taverne in Botshabelo in die Vrystaat verlaat hat, is hulle glo deur drie mans met vuurwapens voorgekeer en van hul besittings beroof. 'n Polisieverklaring lui voorts die verdagtes het na bewering die twee mans aangerand en die twee vroue na ’n nabygeleë bosgebied geneem waar hulle verkrag is.


Die twee vroue het sake van verkragting aanhangig gemaak en die verdagtes beskryf aan die hand van hul voorkoms en die klere wat hulle aangehad het.


Die drie verdagtes is opgespoor en in hegtenis geneem. Hulle was in die geselskap van nog twee onwettige immigrante, wat daarna ook in hegtenis geneem is.


Saam met die slagoffers se besittings is ’n mes en twee balaklawas, wat volgens die slagoffers tydens die misdaad gebruik is, ook gekonfiskeer.


Die verdagtes sal in die Botshabelo-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte, waaronder aanranding, twee aanklagte van verkragting, roof met ’n vuurwapen, die besit van ’n gevaarlike wapen en oortreding van die Immigrasiewet.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page