Verligting by die pompe wink vir motoriste
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 23, 2025
- 1 min read
Motoriste kan salk binnekort welkome verligting by die pompe ervaar, met die jongste aanwysers wat dui op brandstofprysdalings in September. The South African berig luidens die jongste brandstofprysprojeksies word verwag dat beide petrol- en dieselpryse sal daal - mits die huidige markneigings oor die volgende 10 dae bestendig bly. Die versterking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar, tesame met 'n daling in Brent-ru-oliepryse, het 'n gunstige prysvooruitsig geskep vir die nuwe maand. As die marktoestande vir die res van die maand konstant sou bly - 'n onwaarskynlike scenario met die rand/dollar-wisselkoers wat wissel en die olieprys wat voortdurend verander - word 'n daling van tussen 6 en 14 sent verwag vir petrol. Intussen sal dieselmotoriste ‘n daling van ongeveer 51 sent per liter sien.






Comments