Verligting kom dalk vir motoriste
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 16
- 1 min read
Suid-Afrikaanse motoriste kan in Februarie verligting by die pompe verwag, met middelmaanddata van die Sentrale Energiefonds wat op beduidende brandstofprysverlagings dui.
Petrolpryse kan met tussen 78 en 82 sent per liter daal, terwyl diesel moontlik met tot R1 per liter kan afneem. Die daling word aangevuur deur ’n sterker rand en laer internasionale oliepryse.
Die finale aanpassing sal later vandeesmaand aangekondig word.







Comments