Verligting én pyn wag by die pompe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 3
- 1 min read
Daar is gemengde nuus vir motoriste wanneer die jongste brandstofpryse die Woensdag in werking tree.
Petrol sal 52c per liter goedkoper wees, terwyl diesel tussen R1,23 en R1,38 per liter duurder word. Die groothandelprys van paraffien styg ook met R1,52 per liter.
Volgens die Departement van Minerale en Petroleumbronne daal die balansheffing intussen met 52c per liter, van R1,14 tot sowat 61 sent per liter.








Comments