top of page

Vermeende Bfn-aanvallers word gesoek nadat 'n video op sosiale media versprei

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 3
  • 1 min read

’n Video waarin drie mans ’n ouer man in Bloemfontein aanval en van sy selfoon en geld beroof, het skok en woede ontlok nadat dit op sosiale media gedeel is.


Netwerk24 berig in die video kan gehoor word hoe omstanders op die aanvallers skree om die man uit te los. Die aanvallers laat die slagoffer uiteindelik op die grond agter en stap met sy besittings weg.


Die video het wyd reaksie op Facebook ontlok, met mense wat eis dat die polisie dringend die drie aanvallers opspoor en in hegtenis neem.


'n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, het aan Netwerk24 gesê die polisie ondersoek die saak.


FOTO: Skermgreep / Facebook
FOTO: Skermgreep / Facebook

Comments


bottom of page