Vermeende Bloem-rowers is uit die hospitaal en eersdaags in die hof
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 25, 2025
- 1 min read
Twee vermeende rowers wat juwelierswinkels in Bloemfontein beroof het, is uit die hospitaal ontslaan.
Hulle het behandeling ontvang vir die wonde wat hulle tydens ‘n skietery met die polisie by die Vaal Plaza Tolhek op die N1-nasionale pad opgedoen het.
Volgens Bloem Express sal die twee eersdaags in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Hulle staan tereg op aanklagte van sakeroof, onwettige besit van vuurwapens asook die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Die twee word verbind met ‘n groep mans van twee afsonderlike rooftogte by Northridge en Mimosa Mall.
Die ander verdagtes is steeds op vrye voet.
Volgens die Valke se provinsiale woordvoerder sluit hul ondersoek moontlike skakels na ander ernstige misdade in.







Comments