Vermeende diamantsmous roep dalk Juanita du Plessis om te getuig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 30, 2025
- 1 min read
Die sangeres Juanita du Plessis gaan dalk na vore geroep word om te getuig wanneer die vermeende diamantsmous en bedriër Louis Liebenberg homself volgende week in sy borgtogaansoek gaan verdedig.
Hy wil ook die aktivis Devon Hofmeyr, oudpresident Jacob Zuma, die adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya, asook adjunkpresident Paul Mashatile insluit.
Liebenberg het vanuit die C-Max-afdeling van die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria gepraat. Beeld berig Liebenberg beweer sy menseregte word geskend omdat dit glo "onmoontlik" is om vanuit C-Max 'n regverdige kans te kry om homself in 'n hof te verdedig.
Hy is in Januarie na C-Max verplaas aangesien 'n foon by hom gevind is. Hy sê dit voel vir hom soos die Auschwitz-konsentrasiekamp.
Hy word daarvan beskuldig dat hy aan die hoof van 'n multimiljardrandse beweerde Ponzi-skema gestaan het waarby sowat 44 000 beleggers betrokke was.






Comments