top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vermeende dief is heterdaad betrap

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 8, 2025
1 min read

‘n Verdagte is deur sekuriteitspersoneel by die Vista Substasie, in Bloemfontein, op heterdaad betrap terwyl hy glo besig was om waardevolle komponente te stroop en steel. Centlec doen op sosiale media ‘n beroep op die Mangaung Metro Munisipaliteit-gemeenskap om op te staan en hul infrastruktuur en toerusting te beskerm. Hulle voeg by dat kriminele elemente binne die gemeenskap nie toegelaat moet word om waardevolle network en toerusting te vernietig nie. Dit volg na Rosestad-nuus vroeër berig het van ‘n man wat in Fichardtpark aangekeer is nadat hy glo by ‘n kragboks gepeuter het. Die metro se kragvoorsiener moedig inwoners aan om kriminele aktiwiteite rakende elektrisiteit by Centlec se sekuriteitspersooneel of by die naaste polisiestasie aan te meld.

 
 
 

Comments


bottom of page