Vermeende diewe loop hul rieme styf met ‘n Bloemfonteinse sekuriteitsmaatskappy
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Nie net het ‘n vermeende kabeldief sy rieme styf geloop met die Bloemfonteinse sekuriteitsmaatskappy, Securiforce, nie – die maatskappy het ook ‘n moontlike geval van veediefstal voorkom.
Securiforce se Johan Maritz sê aan Rosestad-nuus drie verdagte persone is op ‘n besigheidsperseel in Hamilton gesien waar hulle vermoedelik besig was om kragkabels te steel.
Met die reaksie-eenheid se aankoms was een verdagte op die perseel se dak en ‘n tweede het van die toneel gevlug.
Die polisie is na die toneel ontbied en ‘n derde verdagte is suksesvol aangekeer.
Intussen is nog drie verdagtes op ‘n plaas tussen ‘n kliënt se skape deur middel van termiese toerusting opgemerk.
Securiforce se wagte het vinnig gereageer en die verdagtes het van die toneel gevlug.







Comments