Vermeende inbrekes loop hul rieme styf in Bloem
- Nadia Pieters

- Oct 30
- 1 min read
Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem na hulle inligting oor ‘n huisbraak in die Wilgehof-gebied ontvang het.
Luidens ‘n mediaverklaring het die Parkweg Trio-taakspan ‘n wenk ontvang oor die voertuig wat die verdagtes bestuur het.
Lede het vinnig gereageer en die voertuig opgespoor.
Na 'n kort jaagtog is die verdagtes aangekeer.
Die twee is onmiddellik in hegtenis geneem.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê beamptes het vermoedelik gesteelde eiendom ter waarde van R11 000 teruggevind.
Die verdagtes staan tereg op aanklagte van huisbraak en diefstal, sowel as die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Hulle voertuig is ook gekonfiskeer.





Comments