Vermeende kabeldiewe is op heterdaad in Bloem betrap
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 8
- 1 min read
Twee vermeende kabeldiewe is op heterdaad langs die Jagersfontein-Bloemdalpad in Bloemfontein betrap terwyl hulle glo besig was om elektriese infrastruktuur te beskadig.
Volgens Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, het die polisie inligting ontvang oor twee mans wat per fiets gereis en glo aan elektriese infrastruktuur gepeuter het.
Die verdagtes is betrap terwyl hulle glo 'n elektriese kabel by 'n nutsmas afgesny het.
Die koperkabel is as Centlec se eiendom geïdentifiseer en die skade word op sowat R17 000 geraam.
In 'n afsonderlike voorval is nog 'n verdagte later langs die N8 naby Marwellastraat in hegtenis geneem.
Die inhegtenisneming volg nadat die polisie inligting ontvang het dat hy na bewering gesteelde elektriese infrastruktuur in sy besit het.








Comments