Vermeende motordiewe word tydens ’n grensoperasie gevang
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 25, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het saam met Lesotho se wetstoepassers en ander rolspelers in die grensmisdaad bekamping veldtog, Operasie Maletswai suksesvolle uitslae behaal deur vermeende motordiewe in hegtenis te neem. Luidens ’n polisieverklaring het die operasie op motordiefstal en ander grensmisdade gefokus. Padblokkades is op sleutelroetes in Suid-Afrika en Lesotho opgerig, terwyl inspeksies in tweedehandse winkels en by vee-eenhede en wildmisdaadeenhede plaasgevind het. Die Voertuigmisdaadondersoek-eenheid het gesteelde voertuie onder meer in Maseru en Mokhotlong in Lesotho opgespoor. In totaal is meer as 100 verdagtes in hegtenis geneem. Verskeie gesteelde voertuie is gevind. Een van die voertuie is geïdentifiseer as een wat reeds in 2007 in Brighton Beach, Durban, gesteel is.







Comments