top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vermeende rowers loop hul teen die langarm van die gereg vas

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025
1 min read

Vermeende gewapende rowers het hul teen die lang arm van die Vrystaatse gereg vasgeloop. Dit ná ‘n hoëspoed jaagtog op die R59.


Parys Gazette berig die drie het glo tydens ‘n gewapende roof ‘n kar en items ter waarde van ongeveer R145 000 in Koppies gesteel.


Met behulp van ‘n hommeltuig is een van die vermeende rowers naby die gesteelde voertuig aangekeer. Die ander twee is kort daarna in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag gelê op die gesteelde voertuig, gesteelde eiendom en ‘n ongelisensieerde vuurwapen.


Volgens polisiewoordvoerder, Josephine Rani, sal die drie binnekort in die Parys-landdroshof verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page