top of page

Vermeende veediewe is buite Bloemfontein oppad na ‘n veiling aangekeer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 4
  • 1 min read

Verdagtes in die besit van vermoedelike gesteelde vee en ‘n onwettige vuurwapen is deur die Bloemfonteinse blitspatrolie in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring die blitspatolie-span het inligting ontvang van ‘n vragmotor op die N8 wat glo gesteelde vee van Botshabelo in Bloemfontein se rigting vervoer. Die span het die voertuig opgespoor en 18 vermoedelik gesteelde beeste asook 9mm Glock-pistool is gevind. Die pistool is glo verlede jaar in Ladybrand gesteel, en na ‘n ondersoek deur die veediefstaleenheid is bevind dat die beeste glo in ‘n buurland gesteel is. Die verdagtes was glo oppad na veiling om die beeste te verkoop. 'n Saak van vermoedelike gesteelde voorraad en onwettige besit van 'n vuurwapen is by die Bloemspruit-polisiestasie aanhangig gemaak.

 
 
 

Comments


bottom of page