top of page

Vermiste matriekulant kry vyf onderskeidings

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 14
  • 1 min read

Die matriekleerling wat onlangs tydens ʼn snorkelvakansie in Mosambiek verdwyn het, het vyf onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal.


Maroela Media berig die soektog na Rikus Kylander van die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp is enkele dae gelede amptelik beëindig.


Die skool het Rikus se prestasie as ʼn besonderse mylpaal beskryf en gesê dit getuig van sy toewyding en potensiaal.


Volgens sy familie is uitgebreide en gekoördineerde soektogte uit die lug sowel as op see en in kusgebiede sedert sy verdwyning uitgevoer. Rikus is op 18 Desember verlede jaar vir die laaste keer gesien.


Rikus Kylander. FOTO: Maroela Media
Rikus Kylander. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page