top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vermiste meisie in Namibië gevind, met ma herenig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 7, 2024
1 min read

‘n Negejarige meisie wat in Suid-Afrika as vermis aangemeld is nadat haar pa haar na bewering ontvoer het en na Namibië geneem het, is opgespoor. Netwerk24 berig Namibia Investigation Services, ‘n private ondersoekdiens, het bekend gemaak die pa en sy dogter is Woensdag in Opuwo in die Kunene-streek opgespoor. Sy is glo intussen met haar ma herenig. LEES MEER: Pastoor vlug glo met sy dogter na Namibië Daar is voorheen berig die kind se ma het beweer haar eksman, die dogter se biologiese pa, het haar op 14 Oktober by ‘n skool in die omgewing van Mosselbaai gaan haal en sonder die ma se medewete of toestemming na die buurland geneem.

 
 
 

Comments


bottom of page