top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vermiste moordverdagte in Bloemfonteinse damprook-winkel gevind

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 9, 2024
1 min read

Die moordverdagte, Gericke van der Westhuizen, wat ná sy borgtog verdwyn het, is Woensdag in ‘n Bloemfonteinse damprook-winkel gevind. Hy is die derde verdagte in die Dumisani Phakathi-moordsaak in Gauteng. ‘n Bron het die wenk aan Maroela Media gestuur dat ‘n man wat baie soos Van der Westhuizen lyk, in ‘n Bloemfonteinse damprook-winkel werk. Sy baard en hare was geskeer, maar die bron het hom herken aan sy gelaatstrekke. Sers. Hosia Sebajane bevestig aan Maroela Media dat die polisie ‘n paar uur later vir Van der Westhuizen in hegtenis geneem het. Dit is nog onduidelik of hy saam met die ander twee beskuldigdes Donderdag in die hof in Pretoria gaan verskyn. Hy word ook verbind met twee ander aanklagte van diefstal in Brits en Krugersdorp.

 
 
 

Comments


bottom of page