top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vermoedelike brandstigting verwoes klaskamers by ‘n Vrystaatse skool

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 31, 2025
1 min read

Die Vrystaatse Departement van Onderwys vermoed brandstigting is die oorsaak van die brand wat vyf klaskamers by die Refihletse Gekombineerde Skool in Verkeerdevlei, naby Brandford verwoes het. SABC News berig vier klaskamers het heeltemal afgebrand, met die vyfde een, 'n Graad R-klaskamer, wat net gedeeltelik afgebrand het. Departementele woordvoerder, Howard Ndaba, sê nog 'n poging om 'n klaskamer af te brand, het verlede maand by dieselfde skool plaasgevind. Hy voeg by die skool is die enigste skool in die gebied wat voorsiening maak vir meer as 500 leerders en dat die polisie die saak ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page