top of page

Vermoedelike brandstigting verwoes klaskamers by ‘n Vrystaatse skool

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 31, 2025
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Onderwys vermoed brandstigting is die oorsaak van die brand wat vyf klaskamers by die Refihletse Gekombineerde Skool in Verkeerdevlei, naby Brandford verwoes het. SABC News berig vier klaskamers het heeltemal afgebrand, met die vyfde een, 'n Graad R-klaskamer, wat net gedeeltelik afgebrand het. Departementele woordvoerder, Howard Ndaba, sê nog 'n poging om 'n klaskamer af te brand, het verlede maand by dieselfde skool plaasgevind. Hy voeg by die skool is die enigste skool in die gebied wat voorsiening maak vir meer as 500 leerders en dat die polisie die saak ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page