top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vermoedelike vergiftige skyfies laat ma en kind in hospitaal

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 4, 2024
1 min read

Die ma en jonger sib van 'n 10-jarige meisie, wat oorlede is nadat hulle na bewering skyfies van 'n spaza-winkel in Johannesburg se Alexandra-township geëet het, veg om hul lewe in die hospitaal. Eyewitness News berig die 10-jarige het gesukkel om asem te haal en het maagkrampe en erge naarheid ontwikkel nadat sy ‘n pakkie skyfies met haar ma en 4-jarige boetie gedeel het. Al drie is na ’n nabygeleë kliniek gehaas, waar die 10-jarige met haar aankoms dood verklaar is. Die tragedie het woede in die Alexandra-gemeenskap ontketen, wat daartoe gelei het dat plaaslike inwoners die winkel waar die skryfies na bewering gekoop is, probeer afbrand het. Die winkeleienaar is nog nie opgespoor nie en die polisie is tans besig om die voorval te ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page