Verneemde battery-dief is deur AfriForum aangekeer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 1, 2024
- 1 min read
‘n Verneemde hekmotorbattery-dief is in Universitas Rif, Bloemfontein aangekeer. Tydens die verdagte se inhegtenisname Donderdag het die AfriForum911-reaksiespan drie nuwe batterye asook dwelmmiddels gekonfiskeer. Die saak word deur beeldmateriaal van vorige voorvalle versterk. Die verdagte is aan die polise vir veredere ondersoek oorhandig.







Comments