top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dieresiektes in die Vrystaat moet geprioritiseer word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 4, 2025
  • 1 min read

Die Vrystaatse departement van landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake moet die stryd teen die uitbrekings en verspreiding van dieresiektes in die provinsie prioritiseer.


Die DA sê bek-en-klouseer het verwoestende gevolge vir boerderybedrywighede en plaaslike ekonomieë. Boere in die Vrystaat is bekommerd oor die nuwe uitbrekings van die siekte ‘n paar weke gelede as gevolg van die vervoer van vee uit ander provinsies.


Die DA se Roy Jankielsohn sê die departement het die hoogste onderbesteding in die provinsie, met 34% van sy huidige begroting wat bestee is teenoor ‘n teiken van 50%.


Roy Jankielsohn. FOTO: Facebook
Roy Jankielsohn. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page