top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verouderde kwalifikasies word uitgefaseer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (Sako) het meer as 1 100 verouderde kwalifikasies van die land se nasionale registers verwyder.


Die owerheid sê sommige ou kursusse sal nou uitgefaseer word om beter by ’n moderne arbeidsmark aan te pas.


Volgens Sako groei die vraag na vaardighede in onder meer kunsmatige intelligensie, vergroening en die gasenergiebedryf.


Die owerheid voeg by Suid-Afrika moet saam met veranderende tegnologie en werksgeleenthede ontwikkel.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page