Verpleegsters gradueer in Bloemfontein
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 3
- 1 min read
Meer as 200 verpleegstudente het onlangs aan die Vrystaatse Skool vir Verpleging in Bloemfontein gegradueer.
Volgens die Vrystaatse Departement van Gesondheid is kwalifikasies in onder meer verpleegkunde en vroedkunde toegeken.
Die LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, het die studente gelukgewens en die rol van families, dosente en mentors erken.
Hy sê die departement beoog om primêre gesondheidsorg te versterk, en dat meer verpleegsters in die huidige finansiële jaar aangestel kan word.
Mahlatsi het ook verpleegsters aangemoedig om na hul eie welstand om te sien terwyl hulle na pasiënte omsien.
Hy sê die beroep speel ’n belangrike rol in die bou van ’n gesonder en meer deernisvolle samelewing.








Comments