top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verpleegsters se verkragter is glo ook by ander misdade betrokke

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 20, 2025
1 min read

‘n Verdagte is in verband met die ontvoering en verkragting van twee verpleegsters by ‘n kliniek in hegtenis geneem. Primedia berig hy het na bewering twee veiligheidswagte vasgebind voordat hy die verpleegsters na 'n nabygeleë bos gelei het. Tydens sy inhegtenisname het die span op 'n 9 mm-pistool beslag gelê. Die pistool is glo tydens 'n vorige huisroof, by ‘n polisiebeampte se huis, gesteel. Die verdagte word ook met verskeie ander ernstige misdade verbind, insluitend poging tot moord, sakeroof, huisroof en aanklagte van seksuele aanrandings. Hy sal na verwagting vandag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page