top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verskeie aardbewings tref Japan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 6
  • 1 min read

‘n Reeks aardbewings, insluitend een van 6,2 op die Richterskaal, het Dinsdagoggend die Shimane- en Tottori-prefekture in Japan getref.


Die aanvanklike aardbewing het ‘n sterk vyf op Japan se seismiese intensiteitskaal geregistreer.


Twaalf verdere ligter aardbewings is ook aangeteken.


Volgens die land se openbare uitsaaier is vier mense na hospitale gestuur en sommige geboue is beskadig.


Die Japanse Meteorologiese Agentskap sê daar is ‘n moontlikheid van bykomende sterk aardbewings oor die volgende twee tot drie dae.


FOTO: Reuters
FOTO: Reuters

 
 
 

Comments


bottom of page