Verskeie buitelanders is in BFN se middestad aangekeer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Verskeie buitelandse burgers is tydens 'n klopjag in Bloemfontein se middestad aangekeer omdat hulle na bewering nie geldige dokumente gehad het om in Suid-Afrika te wees nie.
Volgens inligting wat deur die Vrystaatse Provinsiale Regering gedeel is, is dwelms en 'n groot hoeveelheid kontant wat vermoedelik uit misdaad afkomstig is, ook beslag gelê.
Premier MaQueen Letsoha-Mathae en die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, het die klopjag gelei.
Die premier sê sommige buitelandse burgers het Suid-Afrika se gasvryheid misbruik en hulle aan misdaad skuldig gemaak. Sy sê die gebou waar dwelms gevind is, het glo onwettige wateraansluitings gehad en is vermoedelik onregmatig beset.
Sy voeg by wetstoepassingsowerhede sal voortgaan om teen onwettige bedrywighede op te tree en dat polisielede ontplooi is om toe te sien dat Dinsdag se beplande byeenkomste vreedsaam verloop.








Comments