top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verskeie FlySafair vliegtuige is gegrond

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 21, 2025
1 min read

Te midde van 'n loongeskil tussen vlieëniers en die plaaslike en streekslugredery, het FlySafair bevestig dat verskeie van sy vliegtuie gegrond is. Primedia berig volgens die maatskappy is 8% van vandag se vlugte gekanselleer. Dit ten spyte van vroeëre versekerings dat bedrywighede nie deur die begin van die staking beïnvloed sou word nie. Hierdie vlugte is toegeken aan vlieëniers wat hul beskikbaarheid om te vlieg bevestig het, maar laat gisteraand onttrek het. Die vakbond Solidariteit het 'n eendag-stakingskennisgewing vir vandag uitgereik, maar FlySafair het teruggekap met sy eie kennisgewing om stakende vlieëniers vir twee weke uit te sluit. Gesprekke tussen Solidariteit en die streekslugredery oor betaling, werksure en werksomstandighede het verlede week doodgeloop.

 
 
 

Comments


bottom of page