top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verskeie onwettige immigrante is in ‘n vragmotorsleepwa gevind

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 23, 2024
1 min read

Verkeersbeamptes het 47 volwassenes en vier kinders tussen die ouderdomme van nege maande en vyf jaar in die agtersleepwa van 'n vragmotor ontdek. SABC News berig die trok is by ‘n padblokkade in die Vrystaat, op die N1-suidwaarts afgetrek. Van die groep is 28 onwettige immigrante van Lesotho. Hulle is vir die oortreding van die Immigrasiewet in hegtenis geneem. Die vragmotorbestuurder is daarvan aangekla dat hy passasiers sonder ‘n bedryfslisensie vir beloning vervoer het en die voertuig is geskut. Intussen het die adjunkminister van polisie, Cassel Mathale, as deel van die landwye Veiliger Feesseisoen-veldtog aan verskeie padblokkades regoor die provinsie deelgeneem. Reisigers langs verskeie Vrystaatse paaie het polisiesigbaarheid verwelkom.

 
 
 

Comments


bottom of page