top of page

Verskeie paaie in Bloem is gesluit

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 9
  • 1 min read

Verskeie paaie rondom die Toyota-stadion sal Dinsdag gesluit wees as gevolg van die Fifa Wêreldbeker 2026 Kwalifiserende-wedstryd tussen Suid-Afrika en Nigerië wat om 18:00 begin. Die Mangaung Metro Munisipaliteit sê in ‘n kennisgewing padgebruikers word aangemoedig om alternatiewe roetes te gebruik. Padgebruikers word ook gevra om geduldig te wees en om verkeersbeamptes te gehoorsaam. Die metro se wetstoepassers sal nou saam met die polisie werk om die vloei van verkeer te monitor en te reguleer. Toegangspaaie wat tot die einde van die wedstryd gesluit sal wees: Att Horakstraat en Eerste Laan Att Horakstraat en Zola Buddstraat, vrye verkeersone. Kingsway en Zola Buddstraat, gedeeltelik gesluit. Att Horak en Zola Buddstraat Parkeerareas: Waterfront Mall Markgraaffstraat 2de Laan

 
 
 

Comments


bottom of page