top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verskeie produkte is tydens inspeksies in Bloemfontein gekonfiskeer

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1
1 min read

Daar is op verskeie namaakprodukte, onwettige produkte en produkte wat nie aan wetlike vereistes voldoen nie, by ondernemings in Bloemfontein beslag gelê.


Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane is tien inspeksies vandeesweek saam met die Departement van Landbou en ander wetstoepassingsagentskappe uitgevoer.


Daar is onder meer op heuning, verbruiksgoedere en geskeduleerde medikasie beslag gelê.


Verbruikersbeskermingsbeamptes het ook ’n strafsaak geopen ingevolge wetgewing oor vervalste goedere en medisyne.

Een persoon is in hegtenis geneem.


Intussen is onwettige sigarette ter waarde van sowat R250 000 ook gekonfiskeer.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page