Verskeie tenders van die Mangaung-metro word ondersoek

Die Spesiale Ondersoekeenheid, of SOE, het opdrag gekry om verskeie tenders van die Mangaung Metro Munisipaliteit te ondersoek.
Volgens inligting wat deur die SOE gedeel is, sal die ondersoek fokus op die instelling van die metro se munisipale polisiediens, asook beweerde oorbetalings aan verskaffers.
Die ondersoek sluit onder meer die aankoop van voertuie, 'n brandweerwa, bemarkings- en spysenieringskontrakte, kantoorverbeterings en kontrakte vir die ontwikkeling van die metro se geïntegreerde openbare vervoernetwerk in.
Die SOE sal ook moontlike onreëlmatige, ongemagtigde en vermorsende besteding ondersoek, asook enige onwettige optrede deur amptenare, diensverskaffers of ander betrokkenes.
Die ondersoek dek bewerings wat tussen Oktober 2016 en Julie vanjaar ontstaan het.









Comments