Verskeie verdagtes is by brandpunte in die Metro aangekeer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 28, 2025
- 1 min read
Die multidissiplinêre Operasie Shanela II-aksies gaan voort in geïdentifiseerde misdaadgebiede in die Mangaung Metro Munisipaliteit. Twee verdagtes is in hegtenis geneem na hul voertuig in Bizastraat afgetrek en deursoek is. Luidens ‘n mediaverklaring van die polisie is drie vullissakke vol gestroopte koperkabels gevind en ‘n saak van peuter, beskadiging en vernietiging van noodsaaklike infrastruktuur is by die Mangaung-polisiestasie geopen. In nog ‘n geval is 'n saak van besit van onwettige sigarette met 'n bykomende aanklag van oortreding van die Wet op Medisyne by die Heidedal-polisiestasie geopen. Dit volg nadat 'n 40-jarige man by die Checkout-winkelsentrum in Dr. Belcherweg, in hegtenis geneem is. Smokkelware met ‘n verkoopwaarde van amper R250 000 is op beslag gelê. Luidens polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covane, is ‘n 24-jarige vermeende dwelsmous wat glo dwelms aan studente in Wesdene, Universitas en Willows verkoop, ook in hegtenis geneem.






Comments