Verskeie verdagtes is in die Metro in hegtenis geneem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 4
- 1 min read
Verskeie verdagtes is onlangs in die Mangaung Metro Munisipaliteit tydens Operasie Shanela in hegtenis geneem. Groot hoeveelhede dagga, gekristalliseerde metamfetamien en mandrax is tydens deursoekings en klopjagte in verskeie woongebiede gekonfiskeer. Ses verdagtes in Heidedal, een verdagte in Thaba Nchu en twee verdagtes is in Kopanong in hegtenis geneem vir dwelmverwante oortredings. Elf ongedokumenteerde mense en verskeie ander verdagtes is ook tydens die operasie vir ander oortredings in hegtenis geneem. Al die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.





Comments