top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verskeie verdagtes is ná ‘n Welkom-rooftog in hegtenis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Sestien verdagtes is in hegtenis geneem ná 'n gewapende rooftog by die Goldfields Mall in Welkom waartydens luukse goedere ter waarde van sowat R900 000 gesteel is.


Welkom City berig die verdagtes het twee klerewinkels geteiken voordat hulle met onder meer duur klere, horlosies en parfuum gevlug het.


'n Gesamentlike operasie tussen die polisie en privaat sekuriteit het tot die inhegtenisnemings in die Vrystaat en Noordwes gelei.


Tydens die operasie is gesteelde goedere, vier vuurwapens, ammunisie en voertuie wat na bewering in die rooftog gebruik is, gekonfiskeer.


Die verdagtes, tussen 20 en 44 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page