top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verskeie Vrystaatse-bendelede is nou agter tralies

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 17, 2025
1 min read

Lede van die “Born to Kill’-bende wat ‘n verwoestende inpak op die Botshabelo-gemeenskap gehad het, is nou agter tralies. IOL berig die 12 lede is deur die Bloemfonteinse Hooggeregshof skuldig bevind. Hulle vonnisse wissel van 12 jaar tot lewenslange tronkstraf wat die erns van hul misdade weerspieël. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê die groep is aan verskeie misdade skuldig bevind, insluitend moord, poging tot moord, veelvuldige aanklagte van huisbraak, brandstigting, en verkragting. Die aanklagte spruit uit 'n voorval in November 2020, toe BTK-lede met die Roma-bende in Botshabelo gebots het. Die NVG het tydens die verhoor gesê senior staatsadvokaat Jacques Harrington het die behoefte aan streng strawwe uitgelig, om bendeverwante misdade af te weer en  om vrede in die Vrystaat Provinsie te herstel.

 
 
 

Comments


bottom of page