top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Verspreiding van die MIV-teeninspuiting begin in Gauteng

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 8
  • 1 min read

Gauteng se departement van Gesondheid begin Maandag met die verspreiding van die nuwe inspuiting teen MIV, Lenacapavir.


SABC-nuus berig Gauteng is geïdentifiseer as een van die belangrikste provinsies vir die verspreiding van die eerste besending van die middel, weens die hoë voorkoms van die siekte daar.


Die provinsie se Gesondheidswoordvoerder, Steve Mabona, sê Lenacapavir sal aan 56 000 pasiënte in 133 fasiliteite regoor Gauteng beskikbaar gestel word vir mense wat 'n groot kans het om die siekte op te doen.


Die middel is verlede week bekendgestel.


FOTO: BBC
FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page